ZZ2 is ‘n Suid-Afrikaanse boerdery-onderneming wat hoofsaaklik in die Limpopo Provinsie bedrywig is, maar ook in die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Gauteng en Namibië. Ons produseer tamaties, avokados, mangoes, uie, knoffel, dadels, appels, pere, steenvrugte, stoetbeeste en speenkalwers. Die ZZ2-handelsmerk is ‘n bekende ikoon in Suid-Afrika met ʼn trotse geskiedenis wat oor 100 jaar strek.

Natuurboerdery

Tegnologie in harmonie met die natuur.

Ons nuwe tamatie paklyne

Ons heerlike nuwe produkte

Resepte

Probeer een van die heerlike resepte wat met ZZ2-produkte gemaak is.

Jongste Nuus

  • matshidi-2

    ZZ2 exports first ‘Matshidi’ cherries

    December 2, 2016
    South African producer ZZ2, better known for their tomatoes, and more recently for avocados, marketed their first crop of cherries this season. “We bought into a cherry farm last year,” explains Clive Garrett from ZZ2. “We harvested around 40 tonnes, most of which went the UK, the Middle East and some to the Far East, all ...
    ... Lees meer >
  • groente-vrugte-nov-des-2016-lae-resolusie_page_14

    ZZ2 verkies die natuurlike manier

    November 30, 2016
    Voordelige predatoriese en parasietiese insekte wat skadelike insekte aanval, is deel van ZZ2 se geïntegreerde plaagbeheersisteem wanneer dit by die verbouing van tamaties kom.
    ... Lees meer >
  • Fereira-Nethuis-grower-Omega-Chauke

    #TasteZZ2 – New innovations in tomato industry

    November 16, 2016
    To keep abreast of consumer demands, ZZ2 is constantly researching new tomato product lines. This involves a team of agronomy and marketing experts investigating the feasibility of new trends and opportunities. “Worldwide there is a swing towards smaller, bite-size fruit,” says Clive Garrett, marketing manager of ZZ2. “But in Africa, the classic round tomato remains a ...
    ... Lees meer >

Lees nog artikels >


Top Gehalte
40% van SA Tamaties
8000+ werknemers
Wereldwye verskaffer
100+ jaar geskiedenis
Natuur bewus

Sertifisering

Tesco is ’n Britse kruidenier- en algemene handelaar in die Verenigde Koningrkyk. Die groep is die derde grootste kleinhandelaar in die wêreld gemeet aan winste en die tweede grootste kleinhandelaar gemeet aan inkomste. Tesco het winkels in 12 lande regoor Asië en Europa en is die markleier in die VK (waar hul ongeveer 28% van die markaandeel het), Ierland, Hongarye, Maleisië en Thailand.

SEDEX is ’n databasis waar lede die etiese gebruike van hul verskaffers kan bestuur en sodoende hul risiko’s verminder. Die doelwit is om voortdurend verbeterings in die totale produksieketting aan te bring. Ondernemings wat hulself aan ’n SEDEX-oudit volgens die SMETA-riglyne onderwerp en die inligting op die SEDEX-databasis deel, kan aan hul kliënte en verbruikers wys dat hulle die beginssels van etiese en sosiaal-maatskaplike volhoubare produksie respekteer.

HACCP-sertifisering is ’n bewys dat die produsent toegewy is tot voedselveiligheid. Dié bewysbare benadering is veral belangrik vir statutêre liggame en belanghebbendes.