ZZ2 is ‘n Suid-Afrikaanse boerdery-onderneming wat hoofsaaklik in die Limpopo Provinsie bedrywig is, maar ook in die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Gauteng en Namibië. Ons produseer tamaties, avokados, mangoes, uie, knoffel, dadels, appels, pere, steenvrugte, stoetbeeste en speenkalwers. Die ZZ2-handelsmerk is ‘n bekende ikoon in Suid-Afrika met ʼn trotse geskiedenis wat oor 100 jaar strek.

Natuurboerdery

ZZ2 is ‘n wêreldleier in grootskaalse, natuurvriendelike boerderypraktyke.

 PRODUKFOKUS

ZZ2 se tamaties word regoor Suider-Afrika versprei. Klik hier om meer uit te vind van ons variteite.

Resepte

Probeer een van die heerlike resepte wat met ZZ2-produkte gemaak is.

Jongste Nuus

  • photo

    Varsprodukte: Regulering kan voordele hê

    August 23, 2016
    Die voorneme van die Departement van Landbou om alle varsprodukte voortaan aan dieselfde regulasies onderhewig te maak as waaraan die aartappelbedryf al die afgelope 23 jaar voldoen, het baie ongunstige reaksie gelok, maar wat gaan hierdie regulering behels?
    ... Lees meer >
  • ourproducts

    PMA-konferensie bied talle geleenthede

    August 1, 2016
    Die jaarlikse PMA Fresh Connections-konferensie beloof om talle geleenthede vir kommersiële en kleinboere op te dis. Boere kan eersdaags ’n hoop geleenthede gaan uitsnuffel by die Produce Marketing Association (PMA) se jaarlikse Fresh Connectons-konferensie. Dié twee-dag konferensie, op 17 en 18 Augustus in Pretoria, sal talle onderwerpe waarby kommersiële boere kan baat vind, bespreek.
    ... Lees meer >
  • Print

    Nature Farming® is ZZ2’s answer to food security

    July 18, 2016
    Nature Farming® is ZZ2’s answer to food security “To many South Africans, tomatoes, onions and avocadoes are important contributors to their daily intake of nutrition. They are freely available and can be bought from street corners all over Southern Africa. This availability of produce has been achieved through Nature Farming® as a method of production and ...
    ... Lees meer >

Lees nog artikels >


Top Gehalte
40% van SA Tamaties
8000+ werknemers
Wereldwye verskaffer
100+ jaar geskiedenis
Natuur bewus

Sertifisering

Tesco is ’n Britse kruidenier- en algemene handelaar in die Verenigde Koningrkyk. Die groep is die derde grootste kleinhandelaar in die wêreld gemeet aan winste en die tweede grootste kleinhandelaar gemeet aan inkomste. Tesco het winkels in 12 lande regoor Asië en Europa en is die markleier in die VK (waar hul ongeveer 28% van die markaandeel het), Ierland, Hongarye, Maleisië en Thailand.

SEDEX is ’n databasis waar lede die etiese gebruike van hul verskaffers kan bestuur en sodoende hul risiko’s verminder. Die doelwit is om voortdurend verbeterings in die totale produksieketting aan te bring. Ondernemings wat hulself aan ’n SEDEX-oudit volgens die SMETA-riglyne onderwerp en die inligting op die SEDEX-databasis deel, kan aan hul kliënte en verbruikers wys dat hulle die beginssels van etiese en sosiaal-maatskaplike volhoubare produksie respekteer.

HACCP-sertifisering is ’n bewys dat die produsent toegewy is tot voedselveiligheid. Dié bewysbare benadering is veral belangrik vir statutêre liggame en belanghebbendes.