Waterbestuur

Ons besef die verantwoordelikheid om water te bestuur en daar word ‘n ernstige fokus geplaas op alle fasette van watervoorsiening. Dit sluit in: 

  • Veiligheid van damme
  • Boorgatmonitering
  • Pyplyne
  • Waterafloopbeheerbeplanning

Verder word daar gestreef om besproeiingswater behoorlik te benut:

  • Spilpunte vir uie
  • Drupbesproeiing vir tamaties
  • Mikrospuite vir avokado’s en vrugte

So word die afloop van water en voedingstowwe verhoed deur die beste geoutomatiseerde besproeïingstegnologie te gebruik. Watergebruik is doeltreffend en besproeiingskedulering is gebaseer op wat die plante nodig het en die klimaatvereistes.