ZZ2 Variëteite

Fuerte

Voorkoms

  • Gladde dun skil
  • Romerige groen tekstuur

Grootte

  • Medium tot groot – 300g

Bekend vir

  • Peervormig
  • Skil maklik
  • Medium-grootte pit
  • Heerlike smaak

Hass

Voorkoms

  • Skulpagtige dik maar soepel skil
  • Liggroen met romerige tekstuur

Grootte

  • Klein tot medium – 80 – 350g

Bekend vir

  • Ovaalvorm
  • Klein tot medium pit
  • Skil maklik
  • Heerlike smaak

Pinkerton

Voorkoms

  • Medium-dikte groen skil met effe skulpagtigheid
  • Romerige ligte groen tekstuur

Grootte

  • Medium tot groot – 230 – 550g

Bekend vir

  • Lang peeragtige vorm
  • Klein pit
  • Uitstekendes skilvermoeë
  • Heerlike smaak

Lamb Hass

Voorkoms

  • Lyk baie dieselfde as die Hass
  • Ovaalvormig
  • Medium-grootte pit

Grootte

  • Groot vrug wat wissel vanaf 280 – 450g

Bekend vir

  • Skulpagtige skil met ligte groen tekstuur
  • Sagte, romerige en neut- smaak
  • Simmetriese vorm wat besonder goed vertoon

Reed

Voorkoms:

  • Dik skil met skulpagtige voorkoms
  • Romerige tekstuur

Grootte:

  • Medium tot groot

Bekend vir:

  • Ronde vorm
  • Medium-grootte pit
  • Skil maklik
  • Heerlike smaak

Maluma Hass

Voorkoms

  • Growwe skulpagtige skil
  • Donker skil wanneer ryp

Grootte

  • Groot tot medium-grootte

Bekend vir:

  • Klein pit
  • Suid-Afrikaanse variteit
  • Neutsmaak
  • Bly lank groen nadat gesny

Ryan

Voorkoms

  • Eiervormige vrug
  • Effense rowwerige donker groen skil wat groen bly wanneer ryp

Grootte

  • Groot – 300 – 500 g

Bekend vir

  • Laatseisoen-variteit
  • Romerige smaak
  • Groot pit
  • Meksikaanse/ Guatemala kruisvariteit

Carmen

Voorkoms

  • Skulpagtige groen skil

Grootte

  • Klein tot middel-grootte

Bekend vir

  • Veelvoudige oeste per jaar
  • Verwant aan die Hass-familie
  • Meksikaanse variteit
  • Smaaklik
  • Groter pit

Verpakking wat tevredenheid waarborg

Hierdie opwindende opsies is beskikbaar in supermarkte en op varsproduktemarkte

1kg-sakkie

Ons 1kg-sakkie gee aan verbruikers ‘n hoë kliëntewaarde kwaliteit produk en te spaar.

2-avokado en 4-avokado “boat tray”

Gerieflik vir kleiner gesinne wat graag avokados in hul eetplan wil insluit.

4kg- en 8kg-kartonbokse

Die 4kg en 8kg-kartonboks is slegs op varsproduktemarkte beskikbaar en is geskik vir handelaars wat in grootmaat aankoop.

Hoog- en laagliggende boorde

Houtbosdorp (Olyfberg)

Houtbosdorp

  • Hoogliggende boorde teen die hange van die Olyfberg met koeler temperature en vrugbare grond.
  • Variteite: Fuerte, Hass, Lamb Hass, Reed, Edranol, Ettinger, Pinkerton en Ryan.
  • Produksie vanaf Junie om te voorsien in die vraag na avokados later in die jaar.
  • Uitstekende kontoer-ontwerp om stormwater in die bergagtige gebied te akkommodeer.
  • Gevestigde en nuwe boorde.

Politsi

  • Hoogliggende boorde aan die hange van die berge van die Magoebaskloof.
  • Variteite: Carmen, Edranol, Ettinger, Fuerte, Hass, Lamb Hass, Pinkerton, Reed, Ryan en Queen.
  • Produksie vanaf Mei tot November wat aan verbruikers avokados later in die seisoen bied.
  • Uitbreidingsprogramme vir nuwe aanplantings word onderneem.

Mooketsi

  • Laagliggende produksie-area wat vroeë seisoen-oeste vanaf Februarie tot April lewer.
  • Variteite: Fuerte, Carmen, Ettinger, Hass, Maluma en Pinkerton.
  • Plase is geleë in subtropiese area met laer reënval.
  • Eksperimentele en navorsingsboorde om aan toekomstige behoeftes te voldoen.

Tzaneen (Morgenson-plaas)

  • Laagliggende produksie-area met uitstekende oeste tydens avokados se piekseisoen vanaf April tot Junie.
  • Variteite: Fuerte, Hass, Maluma, Pinkerton, Ryan, Carmen en Ettinger.
  • Gevestigde en nuwe boorde verseker deurlopende beskikbaarheid dwarsdeur die seisoen.
  • Rant-plant-tegnologie om wortelvorming aan te moedig.

Gefokusde produksie

ZZ2 beskik oor ‘n netwerk van ondersteuningsdienste wat gefokusde produksie moontlik maak. Navorsing en ontwikkeling word deur ‘n ZZ2-span van ingenieurs, landboukundiges en tegniese spanne onderneem.

Kontoere en besproeiing

  • Leiers in boordontwerp, -voorbereiding en -evaluering.
  • Boorde word digitaal deur middel van gevorderde tegnologie ontwerp en deur tegniese spanne geïmplementeer.
  • Uitnemende besproeiingsbestuur en die vermoeë om boommanipulasie toe te pas om optimale oes te verseker.

Omarm die natuur

  • Ons boer volgens Natuurboerdery®-beginsels: Gaan na Natuurboerdery® vir meer inligting.
  • Bestuiwing – intensiewe bestuur van bye en kruisbestuiwing.

Bome

  • Gesonde en produktiewe bome.
  • Toegang tot verskeie kultivars en onderstamme.
  • ZZ2 Afrikado-kwekery maak ons selfvoorsienend met 150 000 bome ‘n jaar.
  • Presisieboerdery deur plantvoeding – bome word getoets waarna ‘n gebalanseerde program van voeding toegedien word.
  • Bestuiwing – intensiewe bestuur van bye en kruisbestuiwing.

Ryp en gereed

  • Rypmaak van avokados is ‘n kombinasie van kennis, kuns en wetenskap.
  • ZZ2 Afrikado se rypmaakfasiliteit is in Lanseria, Suid-Afrika, geleë waar alle vrugte vir die plaaslike mark rypgemaak word voordat dit na supermarkte gestuur word.
  • Vrugte word rypgemaak volgens kliënte (supermarkte) se behoeftes en voorkeure.
  • “Ryp en gereed”-avokados is belangrik wanneer verbruikers produkte aanskaf en beïnvloed verkope positief.
  • Die beskikbaarheid van ryp avokados op die supermark-rak gee aan verbruikers die opsie om dit binne ‘n 3-dag-venster by hul eetbeplanning in te sluit.

Pakhuise is aanpasbaar volgens kliënte se behoeftes

Al ons produkte word gewas en met die hand gesorteer en in ons kenmerkende geel kartonbokse gepak volgens grootte en klas.

Ons beskik oor gespesialiseerde fasiliteite en toerusting om die groot volumes avokados wat deur ons pakhuise vloei te hanteer op pad na supermarkte, varsproduktemarkte en ons kliënte in Europa, VK en Asië.

Ons werk nou saam met kliënte om aan hul verpakking na hul behoeftes te lewer asook die regte vlak van rypheid.

Kreatiewe Leierspan

  • Aanpasbaar om in kliënte se behoeftes te voorsien.
  • Goeie begrip van markte in die VK, Europa en Asië.
  • Opgeleide span wat boordassistente, landboukundiges en ingenieurs insluit.
  • Belê in ontwikkeling, werkskepping en waardeskepping vir verbruikers.

Veilige en etiese praktyke

Rainforest Alliance

Tesco Nurture

BRC (British Retail Consortium)

SIZA

Global GAP

Handelsmerke

Gevestigde Suid-Afrikaanse handelsmerk vir avokados.

Die naam is in erkenning van ons afkoms en is ‘n afleiding van die woorde Afrika en avokado.

Afrikado verteenwoordig kwaliteit, gelykheid, etiese praktyke en waardeskepping vir die verbruiker.

Makgoba Afrika is ‘n nuwe handelsmerk wat die gevolg is van ZZ2 se vennootskap met die Makgoba Trust, wat die ontwikkeling van avokadoboorde in die Magoebaskloofvallei naby Tzaneen insluit.

Kyk na die video oor die vennootskap by http://zz2.biz/sabc-report-zz2-makgoba-start-new-cooperation-makgoba-afrika/?lang=en

Kwaliteit en betroubaarheid

ZZ2 is ‘n enkelvoorsiener van avokados. Wanneer ons pallette by rypmaakfasiliteite in Europa, die VK en Asië aanland, is kliënte verseker dat dit ongeveer vanaf dieselfde boord kom wat konsekwente voginhoud van die volle pallet verseker. Ons kry nie vrugte van verskeie voorsieners nie wat daartoe lei dat die vrugte nie gelyktydig ryp word nie.

Voginhoud van ons avokados word getoets voordat ons begin om te pluk of uit te voer. Sodoende voldoen ons aan die voorskrifte van die bedryf en verseker verbruikerstevredenheid.

Vanaf die boom tot etenstafel

Ons is daartoe verbind om die volle reis van ons vrugte mee te maak. Ons beskik oor ons eie vloot vragmotors wat landwyd by supermarkte aflewer. Uitvoeravokados word by die skeepshawe afgelewer waar die koueketting behoue bly.