ZZ2 Karas-handelsmerk

Karas medjool-dadels het sy oorsprong in Namibië en die handelsnaam is afgelei van die Karas-omgewing waar die plaas Haakiesdoorn op die oewer van die Oranjerivier, 120 km vanaf die dorp Karasburg, geleë is. In 2008 het ZZ2, geïnspireer deur dadelverbouing in die dorre woestynlandskap van Isreal, kragte met Namibiese en Israelse vennote met ondervinding in die verbouiing van dadels saamgesnoer en begin om medjool-dadelbome op Haakiesdoorn te plant.

Geskiedenis

Dit was die visie van Jehegskal Dagan, ‘n jarelange vennoot van ZZ2 en eienaar van die wêreldwye Israelse kwekery, Hishtil, om dadels in Suider-Afrika te plant. Die droom het egter eers momentum gekry toe die 20 000 hektaar plaas, Haakiesdoorn, geïdentifiseer is. Die eerste dadelbome is in 2010 geplant met die insette van hul Namibiese vennoot met ondervinding van die plaaslike landbou-omstandighede. Hierdie eerste aanplantings was ‘n leerkurwe rondom plant- en groeimetodes. In 2012 is ‘n deurbraak gemaak toe nuwe, gesonde weefselfkultuurbome verkry is van ‘n kwekery in Israel wat volhoubaarheid meegebring het.

Die eerste oes van die oorspronklike aanplanting was in 2015. In 2017 is ‘n aansienlike aantal vrugte vir die plaaslike mark geoes. Die eerste uitvoere van 60 ton Karas medjool-dadels word vir 2018 beoog en die aanvraag is reeds hoog.

Dadelproduksie is arbeidsintensief en daar word beraam dat die projek ongeveer 200 werksgeleenthede kan skep wanneer volle produksie bereik word. Dit sal ‘n groot hupstoot aan die plaaslike ekonomie gee.

Meer oor Medjools

Medjool-dadels groei aan ‘n palmagtige boom en is afkomstig van die afgeleë Bou Denib-oasis in die Sahara-woestyn in Morokko.

Medjools word dikwels beskryf as “little nutrition bombs” vanweë hul hoë voedingswaarde – hulle is gelaai met vitamiene, minerale en vesel. Dit is die grootste van al die dadelvariëteite en is sag, klam en het ‘n veselagtige tekstuur. Die skil is donkerbruin en die smaak kan as karamelagtig beskryf word. Die vrugte kom in verskillende groottes wat wissel tussen groot tot jumbo.

Gesondheidsvoordele sluit in die vermoë om cholesterol teë te werk, verligting en voorkoming van hardlywigheid, gee natuurlike energie, is goed vir die hart deurdat dit Triglyceride-vlakke vermider, dien as alternatiewe versoeter en vebeter beengesondheid weens die sleutelminerale wat in die vrug is.

Voedingsinligting

100 gram medjool-dadels beskik oor:

  • 6.7 gram vessel (26.8 persent daaglikse inname)
  • 696 milligram potassium (19.9 persent daaglikse inname)
  • 54 milligrams magnesium (13.5 persent daaglikse inname)
  • 0.25 milligrams vitamiene B6 (12.5 persent daaglikse inname)
  • 1.61 milligrams niacin (8 persent daaglikse inname)
  • 64 milligrams kalsium (6.4 persent daaglikse inname)
  • 62 milligrams phosphorus (6.2 persent daaglikse inname)
  • 0.06 milligrams riboflavin (3.5 persent daaglikse inname)
  • 2.7 µg vitamin K (3.4 persent daaglikse inname)
  • 0.05 milligrams thiamine (3.3 persent daaglikse inname)
  • 149 IU vitamien eA (3 persent daaglikse inname)
  • 0.44 milligrams zinc (2.9 persent daaglikse inname)

Intensiewe produksie

Suidelike Namibië, waar ZZ2 se plaas Haakiesdoorn geleë is, is bekend vir uiterse hitte en somertemperature wat gereeld 45°C bereik en wat selfs tot 50°C styg. Die winters is matig met minimum temperature wat wissel tussen 2°C en 5°C. Die dadelboorde is in sandgrond op stukke bewerkbare landerye aangeplant wat deur die eeue heen neerslag gevind het tussen ‘n bergreeks van swart klip en die Oranjerivier.

Die verbouing van dadels is arbeidsintensief wat nougesette onderhoud regdeur hul groeijare, en verder, verg. Bestuiwing is ‘n kritieke tydperk want daar is net ‘n driedag-vensterperiode om die bestuiwing te laat geskied. Dit is gewoonlik in Julie-maand en word met die hand gedoen om die beste resultate te verseker. Die bome moet daagliks nagegaan word om te weet wanneer die manlike boom se stuifmeel gereed is om geoes te word en na ‘n stuifmeel oesfasiliteit geneem te word. Hier word dit vanuit die blomme onttrek en gemeng met spesifieke ratios van poeier en fyn houtskool wat dan op die vroulike blom aangewend word.

Haakiesdoorn ontvang 20 mm reën ‘n jaar en die boorde word met drupbesproeiing, met ‘n paar druppers reg langs elke idividuele boom, uitgelê. Die Oranjerivier is standhoudend en verseker dat daar genoeg water beskikbaar is. Die water word deur ‘n filtersisteem gepomp voordat dit in die druppyplyne vloei. Dié mildelike waterbron is belangrik om die volgroeide dadelbome genoegsaam te onderhou. Bemesting vind ook deur die drupbesproeiingspype plaas.

Die bome begin eers na vyf jaar klein hoeveelhede vrugte dra en bereik hul piek-produksie vanaf 10 jaar. Hulle het ‘n lewensverwagting van 30 jaar. Alhoewel die dadels in trosse aan die bome groei, word die vrugte individueel geoes soos wat hulle ryp word. Dit beteken dat landassistente gereeld deur die boorde moet werk om die ryp vrugte te selekteer en te oes. Oestyd is vanaf Februarie tot April en ‘n volwasse boom lewer ongeveer 100 kg vrugte per seisoen.

Die bome word intensief gesnoei om die vrugte optimaal te laat ontwikkel. In die dorre woestynagtige gebied is plaagbeheer nie ‘n groot probleem nie alhoewel ape en bobbejane verwilder moet word wanneer die vrugte ryp word. Die kombinasie van ‘n droeë klimaat en intense hitte is uiters geskik om die vrugte tot hul volle potensiaal te laat groei.

Pakhuis om verbruikersbehoeftes te bevredig

Die vrugte word onmiddellik na pluk, verkoel. Dit word in vyf verskillende klasse verdeel, afhangende van kwaltiteit, wat wissel tussen uitvoerkwaliteit en vrugte geskik vir prosessering. Vrugte wat te droog is word gerehidreer en klam vrugte gedroog. Dit word dan gevries tussen -18ºC en -21ºC. Die dadels kan vir ‘n jaar teen die temperatuur geberg word en word stelselmatig op die mark vrygestel. Dit word egter steeds as ‘n vars vrug bemark.

Verpakking van ZZ2 Karas Medjool-dadels

Die standard-verpakking in die bedryf vir uitvoer-dadels is 5kg bokse met los vrugte in. Vir die plaaslike mark word die vrugte in 400g bakkies en 400g sakkies, of in 1kg bokse verpak. Die vrugte is deur die jaar in supermarkte beskikbaar of landwyd in grootmaat op nasionale varsproduktemarkte.