Die Sweet Cherries-handelsmerk

Kersies is die jongste produk wat by ZZ2 se produkaanbod in die noordelike deel van Suid-Afrika gevoeg is. Die eerste kersie-aanplantings is deur die De Wet-familie van Overvaar Protea Products onderneem toe JT de Wet in 1974 28ha grond in die Rustenburg-omgewing gekoop het. Aanvanklik is protea-snyblomme vir die Europese mark geproduseer.

Overvaal het die plantregte van ‘n eksklusiewe aantal lae-koue steenvrugte bekom in ‘n tydperk toe geen ander produsent in die mark aktief was nie. Dit het die Zaiger lae-koue kersies vir die noordelike provinsies van Suid-Afrika vir vroeë seisoen produksie ingesluit. Hulle het ook die regte vanaf SAPO bekom om Mini Royal en Royal Lee kersies vir dieselfde vroeë seisoen tydperk te produseer.

In 2015 het ZZ2 kragte met die De Wet-familie saamgespan om kersieproduksie in dieselfde omgewing te onderneem. Die eerste oes van die gesamentlike onderneming was in die lente van 2016 en is grootliks uitgevoer.

Die Sweet Cherries-handelsmerk is geoormerk vir groot uitbreidings met nuwe boorde wat in die volgende vyf jaar aangeplant gaan word. Verdere produksiegebiede in die noorde van die land is ook geïdentifiseer volgens die aantal koue-eenhede in die winter en temperature benodig vir groei in die lente. Die Sweet Cherries-handelsmerk is geoormerk om ‘n leidende handelsmerk in die plaaslike en uitvoermark te word.

Feite oor kersies

Kersies is die nuwe lieflinge van sjefs en kosliefhebbers wêreldwyd. Dit word as ‘n vrug met hoë-voedingswaarde geklassifiseer en vergelyk uitstekend met ander hoë-voedingswaarde produkte in die wêreld. Kersies word veral vars geëet, maar is ook gewild as ‘n bestanddeel in nageregte. Ons Sweet Cherries-handelmerk se vrugte het ‘n intense en dieper smaak. Wees op die uitkyk vir die gesonde en smaaklike vrugte vanaf September tot November op supermarkrakke!

Nutritional information
Serving size 1 Cup Cherries (138g)
Amount per serving
Calories 87
Calories from Fat 2
% Daily Value *
Total Fat 0g 0%
 Saturated Fat 0g
 Trans Fat 0g
  0%
Cholesterol 0mg 0%
Sodium 0mg 0%
Total Carbohydrates 22g 7%
Dietary Fiber 3g
Sugars 18g
12%
Protein 1g
Vitamin A
Calcium
Vitamin C
Iron
2%
2%
16%
3%