ZZ2 se vars tamatiesap is ’n eerste vir die bedryf

In ’n eerste vir Suid-Afrika, het ZZ2 en Rugani Juice die land se heel eerste varsgemaakte tamatiesap geproduseer waarvan die tamaties volgens ZZ2 se streng Natuurboerdery® gesondheidsbeginsels gekweek word.

ZZ2 100% Romanita-tamatiesap word van vars tamaties gemaak wat direk van die lande in die pragtig-ontwerpte en gerieflike sapboksies verpak word. Dit kom in twee groottes: 330ml wat gereed is om onmiddellik te drink, én in die meer gesinsvriendelike grootte van 750ml.

Die sap word van soortgelyke handelsmerke onderskei deurdat dit nie van konsentraat gemaak word nie. Versapping vind ure nadat die vrugte geoes is, plaas. ZZ2 100% Romanita-tamatiesap bied aan gesondheidsbewuste verbruikers bio-beskikbaarheid van karotenoïede en lycopeen wat albei kanker-afwerende middels is. Omdat tamaties heeljaar geproduseer word, is die sap altyd vars. Geen middels wat die smaak verbeter word bygevoeg nie, asook geen suiker nie. Groentesappe word as ’n belangrike agent in die voorkoming van siektes gereken.

Rugani Juice het die sapontrekkingstegnologie, wat ’n eerste in die wêreld is, uit die buiteland ingevoer. Die behels dat die maksimale totale olie oplosbare vastestowwe (TSS) van sappe onttrek word en balanseer alkaliese suur en suikers. Hul fasiliteit vergelyk met die beste in die wêreld en is tans die leiers van die wêreldwye groentesap-rewolusie in Suid-Afrika.

Dit is egter die vars en natuurlike smaak wat verbruikers laat terugkom vir meer. Anders as ander tamatiesappe, word ZZ2 100% Romanita-tamatiesap deur die boer self gegenereer en kan dit nie sinteties vervaardig word nie. Dit is die rede vir die heerlike vars smaak van ZZ2 100% Romanita-tamatiesap.

Koop ZZ2 100% Romanita-tamatiesap