Uie

ZZ2 Uie word op Mooketsi, Polokwane, Unilim en Ceres verbou. In die wintermaande word uie in die noorde (Limpopo) geproduseer en in die somermaande in die suide (Wes-Kaap). Gesamentlik produseer ZZ2 jaarliks 30 000 ton uie. Alhoewel meeste van ons uie op die nasionale varsproduktemarkte verkoop word, groei ons supermark bestellings jaarliks.

Vari√ęteite: Die uie vanaf Limpopo is ligter van kleur terwyl die Kaapse ui meer donkerbruin is. Beide soorte is uitstekend vir kook of rou in slaaie. ZZ2 het ook onlangs uitgebrei op Allium soorte (ui-familie), insluitend:

  • soetuie,
  • rooi uie en
  • sjalotte.

Aankope en agente